Back to the top

Gereelde Vrae

– Wat vra almal – 

Wat is die datums en tye van die vertonings?

Ons eerste vertoning vind plaas op die 20ste Desember 2023, met die laaste vertoning op  Nuwejaars aand, die 31st Desember 2023. Sien all die optree tye by die Computicket webtuiste.

Is daar kos beskikbaar by die vertoning?

Ja daar is n kos stalletjie in Jolly Dolphin wat versnappings verkoop. Daar is ook tydelike kos stalletjies net buite die venue op die straat langs die strand.

Is daar verbode items?

Ons het ‘n sekuriteitspan aangestel om te verseker dat alle feesgangers veilig is, en sal seker maak dat niemand die feesterrein binne gaan met verbode items nie. Dit sluit in: messe, gewere, alkohol, dwelms, glas, plofstowwe, professionele video-toerusting, sowel as opname toestelle.

Wat is die ouderdomsbeperkings & is ouertoesig aanvaarbaar?

JBay Rocks is n familie fees en onder 18 feesgangers, onder ouertoesig (m.a.w. net Ma of Pa), sal wel toegelaat word. Ander feesgangers moet die ouderdom van 18 jaar of ouer wees, en n bewys van identiteit sal vereis word.

Feesgangers wat nie ‘n geldige ID of bestuurslisensie kan vertoon nie sal nie toegelaat word om Jolly Dolphin binne te tree nie. Indien dit aan die lig kom dat ‘n feesganger iemand anders se ID of lisensie gesteel of nagemaak het sal dit afgeneem en vernietig word, en die feeskaartjie gekonfiskeer word.

Reg van toegang is voorbehou.

Wie speel almal by JBay Rocks 2023?

Snotkop | Spoegwolf | Jack Parow | Bok van Blerk | Die Heuwels Fantasties | Jeremy Loops | Timo Odv | Francois van Coke en die Gevaar | Appel | Ricus Nel | Synth Peter | Majozi

Gaan daar weer vermaak wees gedurende die dag ?

Absoluut! Jolly Dolphin het seker gemaak dat puik vermaak weer opgedis gaan word deur n string van talent reg oor die land. Daar is dalk weer n verassing hierde jaar!

Lekker Plek, Lekker Mense!

10 Ongelooflike Vertonings · 11 van Suid Afrika se Top Kunstenaars

Kopiereg 2019 JBay Rocks | Alle Regte Voorbehou.