Back to the top

Gereelde Vrae

– Wat vra almal – 

Wat is n ALL SHOW PASS en wat is ingesluit?
  • n All Show Pass, is n seisoenkaartjie om al die vertonings te kan kom kyk gedurende Jbay Rocks 2026
  • Dit sluit al 10 shows in
  • Skip the queue. 
Wat is die datums en tye van die vertonings?

Ons eerste vertoning vind plaas op die 20ste Desember 2026, met die laaste vertoning op  Nuwejaars aand, die 31st Desember 2026. Sien all die festival reels en optree tye by die Howler webtuiste.

Is daar kos beskikbaar by die vertoning?

Ja daar is n kos stalletjie in Jolly Dolphin wat versnappings verkoop. Daar is ook tydelike kos stalletjies net buite die venue op die straat langs die strand.

Is daar verbode items?

Ons het ‘n sekuriteitspan aangestel om te verseker dat alle feesgangers veilig is, en sal seker maak dat niemand die feesterrein binne gaan met verbode items nie. Dit sluit in: messe, gewere, alkohol, dwelms, glas, plofstowwe, professionele video-toerusting, sowel as opname toestelle.

Wat is die ouderdomsbeperkings & is ouertoesig aanvaarbaar?

JBay Rocks is n familie fees en onder 18 feesgangers, onder ouertoesig (m.a.w. net Ma of Pa), sal wel toegelaat word. Ander feesgangers moet die ouderdom van 18 jaar of ouer wees, en n bewys van identiteit sal vereis word.

Feesgangers wat nie ‘n geldige ID of bestuurslisensie kan vertoon nie sal nie toegelaat word om Jolly Dolphin binne te tree nie. Indien dit aan die lig kom dat ‘n feesganger iemand anders se ID of lisensie gesteel of nagemaak het sal dit afgeneem en vernietig word, en die feeskaartjie gekonfiskeer word.

Reg van toegang is voorbehou.

Wie speel almal by JBay Rocks 2026?

LOL, dis n bietjie vroeg jullie! Dit sal binnenkort beskikbaar wees.

Gaan daar weer vermaak wees gedurende die dag ?

Absoluut! Jolly Dolphin het seker gemaak dat puik vermaak weer opgedis gaan word deur n string van talent reg oor die land. Daar is dalk weer n verassing hierde jaar!

Wat is die NYE White Party ?

White Party is ons tema vir Nuwejaarsaand. Trek wit aan. Wees kreatief. Doctor, Nurse, tennis speler, engel, krieket speler, spook, net dood gewoon wit klere. Kry jou span bymekaar en theme dit! Sien uit om jullie almal in 2027 te Sien.

LEKKER PLEK, LEKKER MENSE!

10 Ongelooflike Vertonings · 15 van Suid Afrika se Top Kunstenaars

Kopiereg 2019 JBay Rocks | Alle Regte Voorbehou.